|
Brief aan Suid-Afrikaanse
kunstenaars
Die Jesus Projek het ook 'n brief aan verskeie Suid-Afrikaanse kunstenaars en
mense in die vermaaklikheidsbedryf geskryf.
"Ek is seker dat jy al kennis geneem het van die werksaamhede van die Jesus
Projek. Ons beywer ons vir 'n lastervrye media en vermaaklikheidsindustrie.
Ek glo dat die misbruik van die Here se Naam jou ook onstel en dat jy al
daaroor nagedink het.
Dit is seker nie maklik om onbeskaamd en sonder huiwering te kies vir 'n
lewe wat God, die Een wat die gawe gegee het, sal verheerlik nie. Ek glo
dat jy reeds daaroor 'n besluit geneem het.
Ek verneem graag hoe jy voel oor die gebruik/misbruik van die Here se Naam
in die media. Sekere verwysings na God kan as kontekstueel geregverdig
interpreteer word. As jy gekonfronteer word deur 'n traumatiese ervaring
of tragedie, is daar seker geen ander wyse om te reageer as om die Here se Naam
aan te roep nie. Dan kan "Oh my God" as 'n gebed interpreteer word.
Die wyse waarop dit egter in die industrie gebeur is meer dikwels ongemotiveerd
en veel eerder 'n aanduiding van artistieke bankkrotskap. Daar moet tog
ander maniere wees om jou emosies te onderstreep as om na God te gryp.
Ek verneem graag hoe jy oor hierdie saak voel en of jy geken kan word as
iemand wat teen godslastering is. Dit sal ons poging wees om jongmense veral te
motiveer vir 'n lewe met integriteit as ons na jou kan verwys as iemand wat tot
eer van God probeer lewe. Niemand is volmaak nie, die Here vra egter net
opregtheid en eerlikheid van ons. Hoop om gou van jou te hoor."
Kliek op die naam van die persoon om sy/haar reaksie te lees
|